Skip to main content
SA Topsites ::

Is jy gereed om jou kleinding in n ander se sorg te laat? Kies die regte dagmoeder of creche vir jou kind.

Dagsorg aflaai
 
Meeste mammas gaan seker een of ander tyd die vrae vra- wie gaan na my kind kyk, waar gaan sy skool gaan, gaan sy gelukkig wees en nog wat. Met hierdie skrywe prober ek kyk na n paar objektiewe vrae wat jou subjektiewe opinie kan help vorm voor jy jou kind in n skooltjie plaas.
 
Vraag een begin seker by watter skooltjie gaan ek kies. “word of mouth” bemarking is baie werd en mens kan maar luister na die massas. Ek praat nou nie van een ma wat n slegte ervaring gehad het nie, maar as n skool se bestuur nie reg is nie sal jy dit HOOR. As jy dan n paar skooltjies identifiseer het wat dalk n goeie “word of mouth “ het kan jy ook kyk na die volgende vrae.
 
Logistiek - ek bly byvoorbeeld in n area met n pragtige plaas skooltjie sowat 11km van ons huis af. Ek het nog altyd gedink dis die ideal , tot jy besef 11km in spitsverkeer kan jou n uur neem om te ry en dis bloot net nie prakties nie. So ook het ons twee ander kleuterskole binne 3 km van ons huis af en boonop nog oppad na my man se werk ook, maar skooltjie een is reg langsaan n laerskool wat beteken buiten spitsverkeer vang jy ook nog skool spitstye. Reistyd na kleuterskool een vat 20 minute langer as skooltjie twee wat nie reg langs die laerskool is nie. Dit gese mag kleuterskool een dalk die maklikker opsie wees as my eersteling ingelkgeval in die laerskool is en ek juis die roete moet ry. So tyd is geld en logisitek is dus een van my eerste oorwegings as dit by kies van n skooltjie kom.
 
Dan weet ons natuurlik finansies is ook n groot oorweging. Kleuterskole se maandelikse tarriewe verskil wyd, van sowat R1000 tot R4000 n maand. Vra jouself wat is jou begroting en wat bied hierdie kleuterskool vir wat hulle vra. 
 
Ure - ure is van kardinale belang wanneer dit by die kies van n skooltjie kom. Sommige skooltjies “cater” regtig net vir die tuisbly mammas en is oop van bv 8am tot 12. As jy beoog het om te werk in hierdie tyd moet jy mooi kyk want vier ure is inderdaad nader aan twee en n half of drie ure as jy reistyd en oppaktyd in ag neem. Indien jy nog moet reis na jou kind afgelaai is maak seker die kleuterskool het voldoende sorg vir jou peuter vroeer in die oggend. 
 
Opvoeding
Opvoeding is natuurlik baie belangrik vanaf sowat twee jaar terwyl babas eerder n goeie versorger moet he wat hul met basiese aktiwiteite stimmuleer. So byvoorbeeld stel sommige kleuterskool eerder susters en verpleegkundiges aan as baba versorgers ipv kleutertuin onderwysers. Sommige skole bestaan net uit mammas en oumas met n hart vir kinders. In so geval moet jou agting vir versorging waarskeilik hoeer wees as vir opvoeding opsigself (of die kombinasie). Vra die skool oor hulle kurrikulum en uitkomsgebasseerde onderrig, hoe voel hulle oor kinders wat voor die tv sit en met videos vermaak word en so meer.
 
Reenerige dae. Dit is vir my super blangrik dat die skooltjie moet kinders kan vermaak en help van hul energie ontslae raak op reenerige en winderige dae. Baie skooltjies het pragtige buite speelplekke maar geen energie eisende vermaak binne nie. Binnemuurse pret kan eenvoudige goed soos bonsballe, n klouter raam onder dak, springmat , area vir vrye spel soos bal kop en so meer wees. Ons almal weet hoe lyk n peuter na n dag binnemuurs - kan jy jouself n groep van hulle in dink? Ek het al skooltjies gaan besoek waar die kinders heel dag by n lesssenaartjie sit en aktiwiteite doen. Kinders is eenvoudig nie gemaak om dit te doen nie. Hulle heupfleksore verkort en dit kan rug en groei probleme veroorsaak- dit mag dalk oulik lyk en lyk asof kindertjies so gedissiplineerd is, maar die feite bly staan. Op hierdie vroee ouderdom moet hulle BEWEEG!
 
Roetine- as jou kind eenvoudig een is wat soggens MOET slaap moet jy oorweeg om na n dagsorg te kyk wat wel die diens bied of prober om jou kind voor te berei sodat hy aangepas is en dalk liewer n middag slapie kan neem. Bied jou kleuterskool ontbyt of moet jy jou kleuter tuis voer. Gee die skool pouse hapies of is dit jou verantwoordelikheid, dieselfde geld vir middagete. Wanneer eet, leer, speel slaap hulle? Bied die skooltjie “potty training” of moet jou kind reeds van die doeke en fopspeen af wees. Hoe lyk die baba ruil kamers en begunsels- was hulle gereeld hande? Steriliseer hulle speelgoed?
 
Die aantal versorgers per kind en aantal kinders is ook baie belangrik veral op n vroee ouderdom. Ideal sou ek aanbeveel een versorger vir elke drie kinders maar die norm se een tot ses. Dan moet jy jouself ook af vra of dit ideal is vir n ses maande oue baba om tussen 12 ander babbas te le, of veertig soos by een van die skole wat ek besoek het. Op ouderdom 4maande tot n jaar se ek hoe minder kieme (en dus mense) hoe beter. Ek verkies klassies intiem en klein , terwyl dit groter kan raak hoe nader die kind aan laerskool kom. Die aanpassing van twee of drie kinders na n pre premer klas van dertig kinders is ook groot. So mens kan hul dalk eerder geleidelik gewoond maak aan groter getalle. 
 
Watter sekuriteit bied die skool en het versorgers noodhulp opleiding of n noodgeval plan van aksie?

Reels en regulasies. N goeie skool het n kontrak, reels en regulasies. Jou buurman se seuntjie kan dalk nie al die lekkernye en eersteklas speelgoed bekostig wat jy kan nie , of andersom. Dis n onnodige situasie waarin jy jou kind plaas op so n jong ouderdom. n Goeie skool behoort na die kinders se diet om te sien bv om n lekkerny dag te he (ipv elke dag), en terwille van die eienaar en die ander nie toe te laat dat kinders hul eie speelgoed skool toe neem nie.

So gepraat van n goeie diet. Kyk na die spyskaart. Dit word algemeen aanvaar dat hoe rouer hoe gesonder is kos. Hou jou oor uit vir vreeslike geprossesseerde kosse en massa produksie. Maaltydplanne wat te veel van een sort kos bv verfynde stysels het en total in proteiene ontbreek. Vra gerus n dieetkundige raad in hierdie verband.
 
As jy alles in ag geneem het is die grootste toets natuurlik of jou kind gelukkig is. Hoewel dit seker normaal is dat jou kind die eerste week bietjie sukkel met aanpassing is dit jou verantwoordelikheid om te onderskei of jou kind werklik gelukkig is en of daar iets fout is. Kommunikeer met jou kind, bad jou kind self, as mooontlik, tel haar self op by die skool...daag soms onverwags op- ek weet n paar skole gaan my nou kwalik neem want dit kan roetines en kinders ontwrig. Maar so het ek self al onverwags opgedaag net om te sien my kind is nooit gevoed nie. Niemand kon verstaan hoekom sy aan hou huil nie, tot ek n twee keer gesien het die melk is net weg gegooi “omdat sy nie wou drink nie” ipv om maar te “wind” en weer te probeer voed. Skool toe gaan raak maar enige ma se hart snare en die aflaai is meestal swaar. So doen jou bes om te verseker jou kind is, en bly gelukkig. Staan op vir jou kind, vrae jou vrae, as jy nie gaan nie- gaan niemand nie. Sterkte met die keuse!
 
Vir n kort lys van vrae om te vra, gaan na http://www.samommy.co.za/how-to-choose-a-creche